vir die plaas wat geslagte oud is

‘n Plaas is nie sommer net ‘n besigheid nie. Dis grond wat Oupa se oupa skoongemaak het, ‘n naam wat in die dorp iets beteken, en ‘n tafel waar drie generasies saam eet. Sonder behoorlike familiebestuur gaan dit nie oor in vier nie

WAT IS FAMILIEBESTUUR?

“Die formele strukture, prosesse en ooreenkomste wat ‘n boerefamilie saamstel om besluite oor die plaas, die familie-bates en mekaar op ‘n ordentlike, billike en volhoubare wyse te neem — ook wanneer dinge moeilik raak.”

3

Hoekom Dit Saak Maak

Die meeste plase oorleef nie hul eie opvolging nie.

Meer as 70% van alle Suid-Afrikaanse ondernemings is familiebesighede — en die landbou-sektor is waarskynlik die enkele sektor waar hierdie verskynsel die sterkste staan. Plase wat oor vier, vyf of ses generasies in dieselfde familie is, is nie seldsaam nie.

Tog is die droewige waarheid dat die meeste familieplase nie weens droogte, pryse of beleid val nie — hulle val weens interne redes. Onduidelike opvolging, ongelyke behandeling, broedertwis, en die afwesigheid van ‘n stelsel om billike besluite te neem.

%

van familie-ondernemings oorleef tot in die tweede generasie

01.

%

haal dit tot die derde generasie

02.

%

van mislukkings is weens familiekonflik, nié finansiële redes nie

03.

Bronne: The Williams Group; UBS Global Family Office Report; PwC Family Business Survey

WERKLIKE SITUASIES OP DIE PLAAS

Dit is nie hipoteties nie. Dit is die situasies waarmee ons weekliks by boerefamilies oor die hele land werk. Die vraag is nie óf dit by jou sal gebeur nie — dit is óf jou familie ‘n stelsel het om dit deur te werk wanneer dit gebeur.

01

Die opvolgingsvraag

Pa is in sy sewentigs, nog altyd aan die stuur van die plaas. Die oudste seun werk al twintig jaar langs hom, die tweede is ‘n prokureur in Pretoria, die dogter is getroud en bly in Stellenbosch. Niemand weet presies wat in Pa se kop aangaan nie. Niemand wil die gesprek oopmaak nie.

DIE VRAAG

Wie kry die plaas? Wat is gelyk, en wat is regverdig — en is dit twee verskillende dinge? En wanneer gaan iemand die moed hê om die gesprek aan die kombuistafel te begin?

02

Die uitkoop-dilemma

Die plaas is op papier R60 miljoen werd. Dit maak R2 miljoen wins per jaar. Pa het drie kinders — net een wil boer. Om die ander twee se derdes uit te betaal sou die plaas met skuld verswaar wat dit bankrot kan maak. Maar hulle is ewe veel Pa se kinders.

DIE VRAAG

Hoe word die een wat boer billik behandel teenoor die twee wat nie boer nie? Is aandele ‘n antwoord, of trusts, of verhuringsooreenkomste? En hoe vermy jy dat die boer “Pa se gunsteling” genoem word?

03

Die skoondogter se rol

Jou seun se vrou bestuur die plaas se gastehuis-tak, doen al die boeke, onderhandel met die banke. Sy is effektief ‘n vennoot in die onderneming — sonder aandele, sonder kontrak, sonder formele titel. Sy is ook nie “regte familie” in Ma se oë nie.

DIE VRAAG

Watter regte, rolle en vergoeding hoort sy te kry? Wat gebeur as die huwelik skeef loop? En hoe hanteer jy die spanning wanneer sy die enigste een is wat die plaas werklik wil voer?

04

Die nuwe generasie se visie

Die kleinseun het ‘n M.Sc. in Landbou-ekonomie. Hy wil sonkrag, akwaponika, ‘n wynlandgoed, en agritoerisme begin. Oupa wil steeds mielies en vee soos sy pa geboer het. Pa in die middel is vasgeklem tussen twee wêrelde. Elke Sondagete raak meer gespanne.

DIE VRAAG

Wie se stem tel wanneer besluite oor nuwe rigtings gemaak word? Hoe kry die jongste generasie ruimte om te innoveer sonder dat die oudste voel sy lewenswerk word weggegooi?

05

Die tweede huwelik

Ma is oorlede. Pa trou weer. Sy nuwe vrou het haar eie twee kinders uit ‘n vorige huwelik. Die plaas is vyf generasies in die familie. Niemand wil die gesprek voer nie — dis te pynlik, te delikaat, te onbeskof. Pa se testament word intussen nie aangepas nie.

DIE VRAAG

Hoe beskerm jy die oorspronklike familie se nalatenskap sonder om Pa se nuwe geluk te skaad, of sy nuwe vrou te verneder? Watter strukture (trusts, huweliksvoorwaardes-kontrakte, Familie Grondwet) hoort reeds in plek te wees?

06

Die drukke van buite

Onteieningsgerugte. ‘n Plaasaanval drie plase verder. ‘n Droogte wat in sy derde jaar is. Pryse wat val. Een kind wil verkoop en emigreer. Een wil veg en bly. Een wil verhuur en stad toe trek. Die familie praat al ‘n jaar lank nie meer behoorlik oor die tafel nie.

DIE VRAAG

Hoe neem ‘n familie so ‘n enorme besluit saam, sonder dat die uiteinde — of dit bly, verkoop, verhuur of skei — die familieverhoudings vir die volgende dertig jaar skaad?

Elke familie glo hulle is uniek. In een opsig is hulle reg — elke familie se verhaal is uniek. Maar die patrone van konflik is byna altyd dieselfde. Daarom werk ‘n stelsel.

‘N BELANGRIKE ONDERSKEID

of

Baie mense gebruik die terme uitruilbaar. Hulle is verwant, maar nie dieselfde nie:

Familie Grondwet

Die dokument. ‘n Geskrewe verklaring van die familie se waardes, visie, reëls en ooreenkomste. Dit sê wat die familie glo en wat hulle ooreengekom het.

Familiebestuur

Die lewende stelsel. Die vergaderings, komitees, kommunikasiekanale en prosesse wat die grondwet lewendig hou en laat aanpas soos die familie en die boerdery groei.

‘n Grondwet sonder bestuur is net ‘n stuk papier in ‘n laai. Bestuur sonder ‘n grondwet het geen rigtingwyser nie. Altwee is nodig.

Die Suid-Afrikaanse boerefamilie se tafel is nie net waar geëet word nie — dis waar waardes oorgedra, geskille besleg, en die volgende geslag gevorm word. Ons bou struktuur rondom daardie tafel, nie in plaas daarvan nie.

Gebou vir die boerefamilie se werklikheid.

Ons verstaan die unieke dinamika van ‘n Suid-Afrikaanse boerefamilie: die sterk band met grond en generasies, die vermenging van huis, besigheid en kerk, die realiteit van familielede wat saam op die plaas woon, en die druk van huidige Suid-Afrikaanse omstandighede — grondhervorming, misdaad, droogte, emigrasie.

Ons fasiliteer die hele proses, met begrip vir die kultuur en die grond